
Elsie het vanoggend (25 September) omstreeks 01:30 van ‘n vreemde geluid wakker geword.
Sy het aan HERAUT gesê dat sy eers self ondersoek wou instel omdat sy gedink het dit was hul honde, maar het daarteen besluit en het eerder haar man wakker gemaak.
Hulle het saam deur die huis beweeg terwyl Elsie die alarmstelsel met behulp van ‘n afstandbeheer skakelaar gedeaktiveer het. By ‘n skuifdeur wat na die swembad oopmaak, het hulle skielik beweging opgemerk en gesien hoe twee tot drie mans hulle haastig uit die voete maak. In die proses het hulle ‘n staalpyp agtergelaat.
Elsie het onmiddellik die paniekknoppie gedruk en wagte verbonde aan ‘n privaat sekuriteits maatskappy was binne minute op die toneel. By nadere ondersoek is gevind dat die vermeende inbrekers reeds van die rubber uit die skuifdeure se raamwerk verwyder het.
“Moet nooit ‘n vreemde geluid ignoreer nie – dit kan die verskil tussen lewe en dood beteken. Wees altyd paraat en gereed om tot aksie oor te gaan,” het Elsie inwoners gemaan.
Polisiewoordvoerder Kaptein Thivhulawi Tshilate het bevestig dat ‘n saak van poging tot inbraak ondersoek word.
| Volg ons op: | ||
![]() |
![]() |
|





