News

Moontlike brandstofskok wag op motoriste volgende maand

Volgens die Automobiel Assosiasie (AA), dui die jongste data van die Sentrale Energiefonds dat motoriste ‘n brandstofverhoging van meer as R1 kan verwag.

Dit sal die binnelandse prys van 95-oktaan tot meer as R17 per liter opstoot.
Dié reusestyging is die gevolg van ‘n skerp styging in internasionale oliepryse en die rand wat wipplank ry teenoor die Amerikaanse dollar.

“Gesien in die lig van die huidige data kan petrol met sowat R1,12 per liter styg en paraffien met R1,17,” het die AA in ‘n persverklaring gesê.

Diesel kan na verwagting met tot R1,38 per liter styg. Indien die stygings realiseer, kan dit katastrofiese gevolge vir die landbousektor inhou. Reusebrandstofprysstygings kan marginale sakeondernemings (wat plase insluit), tot finansiële breekpunt stoot en ‘n geweldige negatiewe impak op verbruikerspryse hê.

Die AA het egter die hoop uitgespreek dat die prentjie voor die einde van die maand sal verander, maar het nietemin weer ‘n beroep op die regering gedoen om dringend in te gryp. Dit volg nadat Jeff Radebe, minister van energie onlangs aangekondig het dat die prys van petrol met 4,9c per liter styg in September. Dit was ‘n eenmalige subsidie en die eerstekeer sedert 1990 dat die regering by die brandstofprys ingegryp het.

Radebe het ook in sy verklaring gesê die regering sal die grootste deel van dié verhogings absorbeer.

“Ondanks die feit dat die verhoging hoofsaaklik deur internasionale faktore veroorsaak word, het die departement besluit om vandeesmaand tydelik in te gryp. Dit is ‘n eenmalige ingryping om ‘n bietjie verligting vir motoriste te verseker,” het hy gesê.

Die geskatte 4,9c per liter verhoging in Oktober sal aangewend word vir jaarlikse salarisaanpassings vir pompjoggies, kassiere en ander administratiewe personeel.

 

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button