News

Nuwe baadjies vir biblioteke in Lesedi-area

Daar is goeie nuus vir boekwurms wat die afgelope paar weke teleurgesteld voor Heidelberg Biblioteek se toe deure moes omdraai.

Nie alleen word die biblioteek deur Lesedi Plaaslike Munisipaliteit (LPM) opgeknap nie, maar die laat indiening van boeke word ook boonop vrygespreek van boetes gedurende die laaste twee weke van September.

Dit is belangrik dat boeke aan die biblioteek terugbesorg moet word en ‘n houer vir dié doel is vir die publiek by die ingang beskikbaar gestel.

Terwyl Heidelberg Biblioteek vir opgradering gesluit is, kan lesers enige ander biblioteek in die Lesedi area vir die uitneem van boeke besoek. Besoek gerus een van die volgende biblioteke vir jou leesgenot: Rensburg, Shalimar Ridge, Jameson Park, Ratanda, Vischkuil en Devon Impumelelo.

Volgens hoofbibliotekaresse Marianne Snyman, behoort die opknappingswerk ongeveer drie weke te neem, waarna die biblioteek vir die publiek oopgestel sal word.

“Verskeie biblioteke is onlangs opgradeer soos die Vischkuil biblioteek wat uitgeverf is, terwyl Jameson Park en Shalimar Ridge se biblioteke vergroot is. Alarmstelsels en kameras word ook opgradeer en daar word beplan om heinings om Heidelberg sowel as Rensburg se biblioteke aan te bring,” het Snyman gesê.

LPM het meer as 11 000 boeke vir plaaslike biblioteke aangekoop en Snyman nooi inwoners uit om hul wenslyste vir verlangde boeke by die biblioteke in te handig sodat boeke aangekoop kan word.

Die biblioteke bied verskeie projekte aan, onder andere ‘n groot Mzanzi projek waar gratis WiFi aan die gemeenskap van 08:00 tot 18:00 voorsien word. Ontwikkelingsprogramme vir onderrig en rekenaarvaardighede word ook vir die gemeenskap beskikbaar gestel.

Gedurende somermaande is plaaslike biblioteke van 08:00 tot 18:00 oop en gedurende die winter van 08:00 tot 17:00.

 

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button