Elna Lecordeur is die nuwe finansiële sekretraresse by Laerskool Hannes Visagie. Sy is met die aanbreek van die derde kwartaal aangestel en het reeds die afgelope twee maande haar plek in die finansiële kantoor volgestaan.
Nuus in Sagieland
Laerskool Hannes Visagie se Graad R praatkoor het op 13 September ‘n sertifikaat vir uitstaande prestasie (A++) tydens die Suikerbos Eisteddfod in Heidelberg behaal. Dié bekkige groep word deur Lida Potgieter afgerig. Hier is Lee-Ann Kleinhans, Ruan van der Merwe, Lubbe Louw, Zanté Pretorius, Simoné Coetzee, Reinhardt Cronje, Zuanke du Plessis, Simoné Müller, Marze Coetzer, Rilana Lotter, Laruchelle Pitout, Annely van den Heever, Vicky Badenhorst, Emily Jonker, Amoré Swart, René Vogel, Mckayla Groenewald, Tamryn Swart, Caseanri Roodt en Simoné Fourie. Jason Leathers was afwesig.