NewsSchools

Seisoen eindig op hoë noot vir Vissies se hokkie- en krieketspanne

AG Visser Laerskool Heidelberg

Meisies hokkie eerstespan het aan die Sedibeng distrik finaal op 19 September by Laerskool Arconpark in Vereeniging deelgeneem, waar hulle ‘n tweedeplek behaal het. Die span bestaan uit Melandi Grobler, Carla Viljoen, Minki Vredenburg, Anrike Schultz, Zonika de Vries, Leanthe Schultz, Leandri Viljoen, Neveah du Toit, Tristen Kruger, Simone Moll en Madeli Grobler.

 

Die seuns hokkie eerstespan is as ligawenners aangekondig nadat hulle die span van Laerskool Emfulenipark tydens die finaal op 18 September by Hoër Volkskool gewen het. Die spelers is Cornelius Billings, Dave Pelser, Pieter Taljaard, Mpho Mbata, Martin Joubert, De Wet Frylinck, Zivan Potgieter, Tami Cindi, Mark-Wesley Drinkwater, Chevandré Havenga, Elbie Mouton, Stiaan Brits en Barend Lindeque.

 

Die seuns hokkie tweedespan het uitstekend in die afgelope seisoen gevaar. Die span het tydens die Sedibeng ligafinaal as wenners uitgetree. Hulle het die finaal op 18 September teen Laerskool DF Malherbe by Hoër Volkskool gewen. Die spelers is Fanie Smit, Juandré Klopper, Dale Bannister, Elizer Harmse, Dirk Landsberg, Ettiene Botha, Alex Ximba, Amy-Lee Bezuidenhout, Thami Cindi en voor is Francois Niemand, Tyrese Gabriels en Johan Delport.

 

se o/11 B-krieketspan is as ligawenners aangewys in die Sedibengstreek. Die span het teen Laerskool Voorwaarts in die finaal op 18 September by Hoër Volkskool gespeel. Die span bestaan uit Simon Roux, Andorein Jansen, Estiaan Kriek, Xander Ross, Pedré de Beer, Phila Motloko, Arno Snyder, Kathleho Motsitsi, André Muller, Janco de Klerk, Samkelo Dlamini en CJ Stuart.

 

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button