News

Stap vir Bybels projek ondersteun Bybelverspreiding in Suid-Afrika

Stap vir Bybels is ‘n gemeenskapsprojek ten bate van Bybelverspreiding in Suid-Afrika en word jaarliks deur verskeie kerke waaronder die AP Kerk Nigel aangebied.

Altesaam 87 stappers het op 22 September hul drafskoene ter ondersteuning van dié projek wat vir die derde agtereenvolgende jaar aangebied is, aangetrek en die strate van Nigel ingevaar.

Die pretloop, onder begeleiding van Nigel Metropolisie, het aan deelnemers afsonderlike roetes van 1km en 5km elk gebied en volgens die kerkraad is daar vanjaar sowat R4 350 vir Bybelverspreiding ingesamel.

“Dit is die taak van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika om bekostigbare Bybels vir elkeen in hul eie taal en in geskikte formaat te voorsien, sodat elke Christen die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar,” het die AP Kerk aangekondig en die hoop uitgespreek dat die projek van krag tot krag sal groei.

 

Oud en jonk het vanjaar se Stap vir Bybels pretloop wat deur die AP Kerk Nigel aangebied is, ondersteun.

 

Volg ons op:

         

Facebook      Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button