Inbrake in Heidelberg is besig om skerp toe te neem.
‘n Huisbraak het omstreeks 13:30 vandag (28 November) by ‘n woning in Roetsstraat, Rensburg plaasgevind.
Dit is die tweede huisbraak in drie dae, wat in Roetsstraat gerapporteer is. Volgens ‘n sekuriteitsbeampte verbonde aan Crime Stop, is die elektriese hek van die spoor af gelig om toegang tot die perseel te kry, maar dit wil voorkom of die verdagtes spook gevang en gevlug het, aangesien niks tydens die inbraak as gesteel gerapporteer is nie.
‘n Wit VW Polo (hatchback) is tydens die voorval deur ‘n buurman voor die huis opgemerk en word glo ook met Maandag se huisbraak by die huis langsaan verbind.
Nòg ‘n inbraak (die derde in twee weke) is op 28 November in Esméstraat, Jordaanpark gerapporteer.
Inwoners word gemaan om veiligheid en sekuriteit te verskerp en op verdagte voertuie in die straat te let.
Skakel Heidelberg SAPD by 016 341 0372/61 of Heidelberg GPF by 083 391 5448 of 082 443 1808.
Volg ons op:



