CrimeNews

Wees op uitkyk vir verdagte motor

Inwoners word gemaan om op die uitkyk te wees vir ‘n verdagte Ford Bantam bakkie wat by twee afsonderlike inbrake in Jordaanpark deur kringtelevisie kameras vasgevang is.

HEIDELBERG – Jordaanpark inwoners is bekommerd oor hul veiligheid en sekuriteit, nadat ‘n verdagte Ford Bantam bakkie op 24 November vermoedelik by ‘n tweede agtereenvolgende huisbraak in een week betrokke was.

Die bakkie (met drie insittendes) is die eerstekeer deur kringtelevisie kameras vasgevang na ‘n inbraak by Esmestraat 7 waartydens verskeie elektroniese ware gesteel is.

Die tweede voorval het ‘n week later by ‘n huis in Esmestraat 2 plaasgevind en weer het die skelms met elektroniese ware weggekom. Kringtelevisie kameras het dieselfde bakkie met dieselfde drie insittendes vasgevang. Dit wil voorkom of die bakkie by die hoofingang ingekom het, maar dit is nie duidelik presies waar dit die woongebied verlaat het nie.

Inwoners word gemaan om Heidelberg Polisie dadelik in kennis te stel indien die bakkie opgemerk word, deur 016 341 0372/61 te skakel.
Heidelberg GPF kan ook by 083 391 5448 of 082 443 1808 geskakel word vir bystand.

CAP – D532
Inwoners word gemaan om op die uitkyk te wees vir ‘n verdagte Ford Bantam bakkie wat by twee afsonderlike inbrake in Jordaanpark deur kringtelevisie kameras vasgevang is. Hier is ‘n skermskoot van die verdagte bakkie in Esmestraat.

DMAG14

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button