
Volgens die Ekurhuleni Metropolisie se woordvoerder Supt Wilfred Kgasago, is ‘n wit Mercedes Benz omstreeks 00:15 in Devon gekaap.
Die verdagte motor is omstreeks 03:15 deur EMPD offisier Pieter Bennet in Nigel opgemerk en hy het dit agternagesit, maar die bestuurder van ‘n tweede voertuig (‘n rooi Audi A3) het volgens inligting die pad versper in ‘n poging om die jaagtog te stuit.
Dit het ‘n ongeluk tussen Bennet se voertuig en die Audi veroorsaak, waarop laasgenoemde by impak met ‘n betonmuur by die vulstasie gebots het. Al vier insittendes van die Audi is by impak dood, terwyl Bennet geringe nekbeserings opgedoen het.
Polisie het by ondersoek ‘n pistool en ammunisie binne die Audi gevind.
LEES OOK DIE VOLLEDIGE BERIG IN DIE VOLGENDE UITGAWE VAN HERAUT
‘n Saak van strafbare manslag is geopen en die ondersoek duur voort.
Volg ons:



