HEIDELBERG – Dave Pelzer van Laerskool AG Visser het vanjaar ‘n totaal van 1145 lopies in 35 wedstryde aangeteken en altesaam 60 paaltjies vir die seisoen laat kantel. Dave is in die Sedibeng o/11-krieketspan asook die Gauteng-Suid o/11-krieketspan opgeneem.
Die Sedibeng o/11 toernooie het van 21 tot 24 September by St Johns College in Johannesburg plaasgevind.
Op 3 Oktober speel die Sedibeng Premier Liga reeks en wen Pirates die o/11-reeks by Laerskool Risiville, Vereeniging.
Gedurende die Gauteng Suid o/11, is Dave gekies as span-bouler van die toernooi wat van 23 tot 24 November en 1 tot 2 Desember plaasgevind het.
Follow us on:
Facebook Twitter



