Laerskool Tini Vorster het ‘n nuwe Graad 7-leerder Lariska van Loggerenberg op 21 Januarie tot die 2019 leerlingraad verwelkom.
Die volgende atlete van Laerskool Tini Vorster is na afloop van die interhuis atletiekbyeenkoms (waarvan die laaste items op 14 Januarie plaasgevind het) as die top atlete aangewys: Michaela Grüng (junior Victrix Ludorum), Marco Lötter (junior Victor Ludorum), Lohané Aucamp (senior Victrix Ludorum) en Linden Manual (senior Victor Ludorum).
Tydens Laerskool Tini Vorster se interhuis atletiekbyeenkoms het Lohané Aucamp ‘n nuwe rekord in die 100m meisies o/10-item opgestel. Haar tyd was 15:02s. Linél Claassens spog ook met ‘n nuwe rekord in die meisies o/10 hoogspring-item, nadat sy op ‘n hoogte van 125cm oor die lat geseil het.