NewsSchools

Hoërskool John Vorster se atlete skitter tydens verskeie kragmetings

Verskeie atlete van Hoërskool John Vorster het tydens ‘n atletiekbyeenkoms wat op 18 Januarie by John Vorster Stadion aangebied is, nuwe rekords aangeteken.

NIGEL – Verskeie atlete van Hoërskool John Vorster het tydens ‘n atletiekbyeenkoms wat op 18 Januarie by John Vorster Stadion aangebied is, nuwe rekords aangeteken.

Die deelnemende skole was Hoërskool Johan Jurgens, Hoërskool Carel de Wet en Hoërskool Drie Riviere.

Janie de Meyer het vir ‘n nuwe rekord gesorg toe sy nie alleen die 100m naellope nie, maar ook die 200m naellope meisies o/19 rekord na 13:34s en 28,28s onderskeidelik verbeter het nie.
Ryan Henning het ook ‘n nuwe rekord in die 1500m seuns o/16-item (4:38:90s) aangeteken terwyl Elandia Marais die 100m hekkies, verspring en hoogspring meisies o/17 rekords laat spat het.

Suné Bekker se afstand van 12,26m het haar ‘n nuwe rekord in die meisies o/15 gewigstoot-item besorg. Tristan Schubert het die hoogspring seuns o/14 rekord na ‘n hoogte van 1,57m verbeter en Matteo Naude spog met ‘n nuwe rekord vir skyfwerp seuns o/14 (27,29m).

 

Hier is Hoërskool John Vorster se spogatelete wat die afgelope atletiekseisoen verskeie rekords verbeter het:

Janie de Meyer, Ryan Henning, Elandia Marais, Suné Bekker, Tristan Schubert, Matteo Naude, Tegan Strydom, Elske Stander, Petros Ngwenya, Vusi Mene, Zanté Kotze en Danielle Celliers.

 

Langasem Tegan Strydom het ‘n nuwe rekord in die 800m meisies o/19-item opgeraap, asook Elske Stander in die 300m hekkies meisies o/14-item. Spoedvraat Petros Ngwenya ryg die rekords sedert aanvang van die atletiekseisoen in en spog ook nou met nuwe rekords in die 100m en 200m naellope seuns o/15 items.

Vusi Mene  het ‘n rekord in die 400m seuns o/16-item (56:94s) aangeteken terwyl Zanté Kotze met twee nuwe rekords spog naamlik skyfwerp (29,27m) en gewigstoot (10,81m) meisies o/17. Danielle Celliers het ‘n rekord in die spiesgooi meisies o/17-item (32,92m) aangeteken en Ruzhawn de Lange spog ook met ‘n nuwe rekord in die gewigstoot seuns /17-item nadat hy ‘n afstand van 13,61m gestoot het.

Tydens ‘n atletiekbyeenkoms wat op 25 Januarie by Hoërskool Stoffberg plaasgevind het, het Elske Stander die 300m hekkies meisies o/14 rekord verbeter  met ‘n tyd van 51:72s, terwyl Elandia Marais met ‘n tyd van 15:41s ‘n nuwe rekord in die 100m meisies o/17 opgestel het. Ryan Henning het ook ‘n nuwe rekord in die seuns o/17 3000m (10:11:65) aangeteken.

 

Volg ons op:
Facebook Twitter

Related Articles

Back to top button