News

Kom speel ‘n potjie gholf dié naweek

Nigel Tuiste vir Bejaardes hou gholfdag ten bate van die tuiste

Nigel Tuiste vir Bejaardes bied op 1 Maart ‘n gholfdag by Nigel Gholfklub aan.

 

Die kompetisie word in ‘American scramble’ formaat aangebied en afslaan is om 10:00. Kostes beloop R250 per speler wat ‘n ligte middagete insluit. Die prysuitdeling vind om 18:00 in die klubhuis plaas, waar verversings bedien sal word.

 

Volgens die bestuurder Pieter Smit, is dit die eerste gholfdag ten bate van fondsinsameling wat die tuiste sedert 2011 aanbied en het hy die hoop uitgespreek dat die gemeenskap ook hierdie fondsinsamelingsprojek ruimhartig sal ondersteun.

 

“Fondse wat tydens die gholfdag ingesamel word, sal in belang van inwoners teruggeploeg word by wyse van finansiële subsidie. Ons is dankbaar teenoor die gemeenskap vir hul positiewe gesindheid teenoor die tuiste en vertrou dat hierdie projek goeie ondersteuning sal geniet. Fondsinsameling maak dit vir ons moontlik om bekostigbare sorg vir bejaardes in ons dorp aan te bied,” het Smit gesê.

 

Spelers, sowel as borge wat by die gholfdag betrokke wil raak, kan vir Ria Alberts gedurende kantoorure by 011 814 5313 skakel.

 

Volg ons op:
Facebook Twitter

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button