NewsSchools

Hoërskool John Vorster beloon bestes

Tydens Hoërskool John Vorster se prestige prysuitdeling wat op 26 Februarie plaasgevind het, is verskeie leerders met vaktrofeë vir hul harde werk beloon.

Hoërskool John Vorster spog met twee van die beste akademiese presteerders in die Gauteng-Oos distrik.

Anja Labuschagne (voor links) het op 8 Februarie die distrikstoekenning vir die nommer een presteerder in Gauteng-Oos, sowel as twee vaktoekennings ontvang, nadat sy 95% vir Rekeningkunde en 90% vir Afrikaans in die 2018 matriek eindeksamen behaal het. Sy pronk met altesaam sewe onderskeidings. Simoné van Niekerk (voor regs) het die toekenning vir beste vakprestasie in Gasvryheidstudies (86%) ontvang. Agter is Afrikaans onderwyser Cecilia Kleinhans, Jaap de Beer (Rekeningkunde) en Cornie Kotze (Gasvryheidstudies).

 

 

Tydens die geleentheid waar leerders vir hul akademiese prestasies vereer is, het een van Hoërskool John Vorster se onderwysers Chris Greyffenberg ook ‘n toekenning vir beste onderwyser in Elektriese Tegnologie in Gauteng-Oos ontvang.

 

 

Volg ons op:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button