NewsSchools

Netbalsterre dring deur na finale ronde van Gauteng netbalproewe

Na afloop van die eerste ronde is 11 van die spelers gekeur om nou op 1 Mei in die finale ronde (ook by Hoërskool Dr EG Jansen) van die Gauteng proewe sake te kom uitspook vir ‘n plek in die Gautengspan.

Nie minder nie as 18 netbalspelers van Hoër Volkskool het na afloop van die D7- en Sedibeng netbalproewe gekwaliseer om aan die eerste ronde van die Gauteng netbalproewe deel te neem wat op 1 April by Hoërskool Dr EG Jansen in Boksburg plaasgevind het.

 
Spelers wat hier deelgeneem het, is Dikeledi Morobi (o/17),  Delaine Willemse (o/15), Felicia Moagi (o/18), Runé Uys (o/18), Shana Griessel  (o/16), Simoné Moll (o/14), Madeli Grobler (o/14), Jana du Plessis (o/16), Janca Fouché (o/16), Danielle Verwoerd (o/16), Danel de Wet (o/14), Favour Umeh (o/16), Inge Steyn (o/16), Caitlin Langner (o/18), Marelisé Pretorius (o/18), Heidi van der Westhuizen (o/17), Shané Maloney (o/16) en Bianca Erasmus (o/17).

 
Na afloop van die eerste ronde is 11 van die spelers gekeur om nou op 1 Mei in die finale ronde (ook by Hoërskool Dr EG Jansen) van die Gauteng proewe sake te kom uitspook vir ‘n plek in die Gautengspan. Hulle is Caitlin Langner, Marelisé Pretorius, Bianca Erasmus, Danel de Wet, Favour Umeh, Shané Maloney, Janca Fouché, Danielle Verwoerd, Madelie Grobler, Shana Griessel en Simoné Moll.

 

Volg ons op:

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button