CrimeNews

Heidelberg misdaadverslag

Heidelberg SAPD het bevestig dat die volgende misdaad vir die tydperk van 13 tot 20 Mei aangemeld is.

Drie sake van motorkapings is tussen 13 en 20 Mei gerapporteer. Alle voorvalle het op die N3 plaasgevind nadat rylopers sover as Villiers en Harrysmith opgetel is.
Die rylopers blyk deel te wees van ‘n sindikaat wat ryloop en dan, sodra hulle deur die tolhek op ‘n spesifieke plek is, sal hulle versoek om afgelaai te word waar die kapers in die veld vir hulle wag.

 

 
Die bestuurder word dan oorrompel en in die kattebak of agter in die trokkajuit gestop. Bankkaarte en pin nommers word van die bestuurder gevra en word dan gelos met ‘n verdagte om seker te maak dat die pin wat die bestuurder gegee het, reg is. Later sal die slagoffer iewers in ‘n veld afgelaai word. ‘n Beroep word op die gemeenskap gedoen om nie rylopers op te laai nie, alhoewel slagoffers nie van plaaslik is nie – maar slegs ‘verbygangers’ is.

 
‘n Geval van winkeldiefstal is op 17 Mei in Heidelberg sakegebied gerapporteer. Die verdagte het probeer om met sjokolade die winkel te verlaat.

 
Dwelmmisbruikers is op 16 Mei deur A/O Wollie Wolmarans en Sers Vusimuzi Zondo aangekeer. Die verdagtes het op 17 Mei in Heidelberg Landdroshof op klagte van dwelmbesit verskyn.

 
‘n Huisbraak het op 18 Mei in Begoniastraat Bergsig plaasgevind. Volgens die polisie was die gesin se kinders tuis en het hulself in die hoofslaapkamer toegesluit. Geen verdagtes is in hegtenis geneem nie. Die verdagtes het in‘n ‘Charcoal’ kleur BMW X5 met die registrasie nommer HH63DT gevlug.

 

 

Volg ons op:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button