Voornemende Graad 8s van Hoër Volkskool kry voorsmakie van die Groen Masjien vir hulle inhou
Met verskeie klasse se uitstallings en die sport- en kultuurafdelings ook teenwoordig was die Graad 7-leerders by Volkieland verwelkom met worsbroodjies en springmielies.
Perdry is maar een van die buitemuurse sportsoorte wat by Volkies aangebied word, en dié ponies in het die vierkant tydens Hoër Volkskool se opedag op 3 Mei gepronk.
Hoër Volkskool het op 3 Mei hul opedag vir voornemende Graad 8-leerders gehou en vir groot opgewondenheid en pret met ‘n elektriese karnavalgevoel gesorg.
Met verskeie klasse se uitstallings en die sport- en kultuurafdelings ook teenwoordig was die Graad 7-leerders by Volkieland verwelkom met worsbroodjies en springmielies.
Gasvryheidstudies se leerders het ‘n verskeidenheid koeke en lekkernye in die Hotelskool voorgesit en daar was sop en broodjies in die koshuissaal vir die honger voornemende leerders en hul ouers beskikbaar wat die opedag bygewoon het.
Klaskamers was met uitstallings van die betrokke vak getooi en daar was ook praktiese sportsessies waaraan die voornemede Graad-8 leerders kon deelneem saam met die senior spelers, om ‘n idee te kry oor hoe dit by Hoër Volkskool gedoen word.
By Hoër Volkskool geniet akademie, sport en kultuur besondere aandag. Ouerbetrokkenheid is ‘n belangrike aspek van die skool. Volkskool se akademiese standaard is ononderhandelbaar.
Daarvan getuig die matriekuitslae wat jaar na jaar behaal word. As Afrikaans-medium skool dra Volkskool by tot ‘n veelrassige harmonie waarin elkeen gerespekteer word en almal uitnemendheid nastreef.
Die vraag is dus nie of jy na Volkies toe moet gaan nie, maar eerder wanneer jy gaan, want dit is hier waar jy die beste belegging in jou toekoms maak.
Shaka Zulu en Napoleon Bonaparte was van die Geskiedenis karakters wat op Volkies se skoolterrein op hul opedag op 3 Mei te sien was.
Geskiedenis karakters was oral in die gange en klaskamers en het voornemende Graad 8-leerders na ‘n ander era tydens Volkies se opedag geneem.
Juffrou Marijke Steyn (Gasvryheidstudies) het gesorg dat die ouers en voornemende leerders hul lippe aflek op Volkies se opedag op 3 Mei gehou.
In die koshuissaal was sop en broodjies beskikbaar vir ouers en voornemende leerders indien ‘n honger pyn geknaag het tydens die opedag van Hoër Volksool op 3 Mei.
Verskeie vakke se ‘lewende uitstallings’ het vir groot pret tydens Volkies se opedag gesorg.
Skaak kon gespeel word in die vierkant op ‘n enorme skaakbord tydens Hoër Volksool se opedag op 3 Mei, waar voornemende leerders ‘n voorsmaak van hoërskoollewe kon ervaar.
Sport uitstallings was in die vierkant opgeslaan asook op die veld uitgeoefen op 3 Mei vir Hoër Volkskool se opedag.
Volg ons op:
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!