Hoërskool John Vorster se o/17-netbalspan wat deur Klarinda Stander afgerig word, het die netbalseisoen op ‘n hoë noot afgeskop deur hul eerste vyf wedstryde in vanjaar se Oos-Gauteng Liga te wen.
Die span het op 4 April met Hoërskool Alberton se span met ‘n eindtelling van 45-1 afgereken en op 9 April het hulle die span van Hoërskool Die Anker met 38-2 geklop. Die span van Alberton High School het ‘n loesing van 35-10 gekry en Hoërskool Hugenote se span moes ook tevrede wees met ‘n nederlaag van 31-6.
Edenvale High School het ook op 18 Mei les opgesê met ‘n loesing van 43-5. Die span se volgende wedstryd is teen die span van Hoërskool Stoffberg op 23 Mei.
| Volg ons op: | ||
![]() |




