Die volgende seuns van Hoër Volkskool is in Oos-Transvaal Bokkieweek hokkiespanne opgeneem: Christiaan Scheepers (o/16), Zander Kriel (o/16), Reinhardt Kriel (o/19) en Johan van Buuren (o/19).
Verskeie leerders van Hoër Volkskool is in verskillende Bokkieweekspanne (Oos-Tranvaal, Vaaldriehoek en Transvaal) opgeneem. Die Bokkieweek toernooi sal van 24 tot 28 Junie in Naboomspruit plaasvind.
Dannique Pienaar (o/16B) en Lesedi Motholo (o/18A) is in Oos-Gauteng hokkiespanne opgeneem. Hulle sal tydens die Junie skoolvakansie aan die Oos-Gauteng Inter Provinsiale Toernooi deelneem.
Volkies wat in Vaaldriehoek Bokkieweek o/14 rugbyspan opgeneem is, is (agter): LJ Viviers en Louwrens van der Linde. (Middel): Keegan van der Merwe, Justin Johst en Michael de Beer. Voor is Elcher Grung en Dian la Grange.
Hokkie- en netbalspelers van Hoër Volkskool wat in Oos-Transvaal Bokkieweekspanne opgeneem is, is (agter): Tristan Kruger (o/14 netbal), Danel de Wet (o/14 netbal), Madeli Grobler (o/14 netbal) en Zené van der Merwe (o/14 netbal). (Middel): Aneli du Plessis (o/14 netbal), Marli van Tonder (o/14 netbal), Leandri Viljoen (o/14 netbal) en Delaine Willemse (o/16 netbal). Voor is Marla Pieterse (o/14 hokkie) en (afwesig): Tuané de Jager (o/19 netbal), Runé Uys (o/19 netbal) en Jana du Plessis (o/16 netbal).
Die Bokkieweek toernooi sal van 24 tot 28 Junie in Naboomspruit plaasvind.
Vier seuns wat in Vaaldriehoek Bokkieweek o/19 hokkiespan opgeneem is, is (agter): Wihan Scheepers en JP Pretorius, Voor is Rohan Oelofse en Igni Bronkhorst.
Die volgende leerders van Hoër Volkskool is in verskillende Bokkieweek hokkiespanne opgeneem: (Agter): Dannique Pienaar (o/16), Liné Liebenberg (o/16) en Miné Fourie (o/16).
(Middel): Abby Goodes (o/14), Carli Nel (o/19) en Lisa-Marie de Villiers (o/16). Voor is Nikita Bannister (o/16) en Dené Jordaan (afwesig).
Juanique Smit en Marné Venter is in die Transvaal Bokkieweek se o/16 hokkiespan opgeneem.
Jonathan Rossouw is in die Vaaldriehoek Bokkieweek se o/19 rugbyspan opgeneem.
Volg ons op:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!