NewsSchools

Vissies speel gasheer vir groot netbal- en rugbydag

Laerskool AG Visser was die gasheer van ‘n mini-netbal en -rugbydag wat op 18 Mei aangebied is.

Agt skole het aan die dag deelgeneem. Plaaslike skole wat hul talent gewys het, is Gekombineerde Skool Balfour, Laerskool Tini Vorster, Laerskool Hannes Visagie en Laerskool AG Visser. Ander skole wat deelgeneem het, is Laerskool Brakpan Oos, Laerskool Dalview, Laerskool Die Arend en Laerskool Morewag.

 
Hoewel geen tellings gedurende wedstryde geneem word nie, was dit ‘n goeie leerskool vir die kleingoed met ouderdomsgroepe wat tussen o/6 en o/9 wissel. Afrigters het ook deurentyd naby gebly om raad aan leerders te gee.

 

 

Volg ons op:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button