CrimeNews

Sentraal en Jordaan Park inwoners loop onder inbrekers deur.

Hiervoor moet inwoners uitkyk

Heidelberg polisie ondervind ‘n ernstige toename in huisbrake in veral Heidelberg sentraal en Jordaan Park.

 
Die afgelope naweek (29 Junie) is ‘n bejaarde in Jordaanstraat in sy huis oorval. Die verdagte het onder die bed uitgeklim en die bejaarde met ‘n kierie aangeval. Hy is met verskeie goedere asook die inwoner se wit Volkswagen Golf weg. Hy is steeds soek.

 
Slegs ‘n paar dae na die voorval het polisielede drie verdagtes in verband met huisbrake by twee ander erwe in Jordaanstraat op 2 Julie vasgetrek. Beide huise is van loodgieter pype, krane en verskeie ander items gestroop. Buiten die diefstal, rig die inbrekers groot skade aan die eiendomme aan. Leë huise word beral geteiken.

 
Ruite, deure en diefwering is met gereedskap (gewoonlik ‘n breekyster) oopgebreek. By een huis in Jordaanstraat is ‘n badkamerkas uitgebreek en gebruik om toegang tot die plafon te kry, waar hulle elektriese kabels verwyder het. Wasbakke is gebreek om die krane te steel.

 
Gewilde items wat gesteel word, sluit onder meer koper, krane, waterverwarmingstelsels (geysers) en elektriese kabels in.

 

Die huis is geplunder en kragproppe is gestroop. Honderde duisende rade se skade is aan die eiendom aangerig.

 

Volgens Kaptein Thivhulawi Tshilate (Heidelberg polisiewoordvoerder) meen hy dat dwelmverslaafdes wat op straat woon met talle van die inbrake verbind word.

 

”Meeste van die inbrake word deur gewoonte misdadigers gepleeg wat op parool is en dwelms gebruik,” sê Kapt Tshilate.

 

Kapt Tshilate het die volgende wenke om jouself te beveilig gedeel:
Wissel jou daaglikse roetine af. Stel jou bure in kennis van jou afwesigheid. Groot honde kan as afskrikmiddel dien. Gereedskap wat gebruik kan word om in te breek moet altyd toegesluit wees. Wees parraat vir bedrieglike diensverskaffers en kanselleer koerantaflewerings wanneer jy met vakansie gaan.

 

‘n Onbewoonde huis in Jordaanstraat het deurgeloop nadat diewe toegang tot die huis gekry het deur diefwering af te breek.

Rapporteer alle verdagte voertuie en persone wat in die straat ry of drentel. Wees in besit van jou polisiesektor nommers asook noodnommers. Word deel van jou polisiedienskomitees asook gemeenskapsforum. Skaf ‘n GPF radio aan en registreer. (vir meer inligting hieroor kan Flip Minnaar by 082 443 1808 geskakel word)

 
Die volgende nommers kan geskakel word in geval van nood of wanneer jy verdagte  aktiwiteite wil rapporteer:
SEKTOR 1
Overkruin, Leërgimnasium, Heidelberg Kloof, Bergsig, Spaarwater, Rooikraal, Eendracht, Blinkpoort, Groenfontein, Poortje, Suikerbosrand Natuurreservaat, Koppieskraal en Klippoortje.
Patrollievoertuig: 071 675 7396. Bevelvoerder: Sersant Vusumuzi Zondo: 082 822 8329.
SEKTOR 2
Heidelberg Sentraal, Jordaanpark, Shalimar Ridge, Boschfontein, Schikfontein, Klipstapel en Mount Arabel.
Patrollievoertuig: 071 675 7295 of 071 675 7292. Bevelvoerder: A/O Wollie Wolmarans: 082 822 8367.
SEKTOR 3
Rensburg, Houtpoort, Lagerspoort, Steynskraal, De Hoek, Modderfontein en Bothaskraal.
Patrollievoertuig: 071 675 7296 of 071 675 7294. Bevelvoerder: A/O Frank Mnqosini: 082 856 0968.

 

Volg ons op:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button