
Volgens inligting het die verdagtes Heidelberg Plumbing Supplies omstreeks 11:00 ingestap, waar hulle vuurwapens uitgetrek en personeel, sowel as klante van juweliersware beroof het.
Die verdagtes het ook ‘n vuurwapen op die besigheidseienaar gerig en met die woorde “I am going to kill you,” het hulle omgedraai en gevlug, maar die besigheidseienaar en sy seun het hulle agterna gesit en ook Heidelberg GPF vir bystand geroep. Omstanders op die toneel het aan HERAUT gesê dat verskeie skote afgevuur is.
Een van die vuurwapens is later in ‘n veld agter ‘n werkswinkel op die hoek van Voortrekker- en Smitstraat gevind, waar die verdagtes ook aangekeer is.
Lede van Heidelberg SAPD was vinnig op die toneel en twee verdagtes is gearresteer.










