Hoërskool John Vorster se Interact Klub (‘n jeugfiliaal van Nigel Rotary Club) het onlangs ‘n fondsinsameling ten bate van die bestryding van borskanker gehou, waartydens ‘n bedrag van R2 541 ingesamel is.
Hier oorhandig Tiaan Vogel (vise-president van Hoërskool John Vorster se Interact Klub) en Done Harris ( presidente) ‘n tjek van R2 541 aan die Kankervereniging van Suid-Afrika ter ondersteuning van borskankermaand.
Die fondsinsameling het ondermeer ‘n ‘pienkdag’ behels waar leerders enige pienk item by hul skooldrag kon dra en gedurende pouse is daar konwyntjies verkoop. Die tjek is op 29 Oktober aan die Kankervereniging van Suid-Afrika oorhandig.
Die boks vir ’n boervrou-projek wat ‘n paar maande gelede deur die Vroue Landbou Vereniging in Wellington van stapel gestuur is, geniet deesdae landwye ondersteuning en Hoërskool John Vorster se Interact Klub het nie geskroom om hul gewig ook by die projek in te gooi nie.
Interact-lede het genoeg items ingesamel om ‘n totaal van 59 kartonhouers met allerlei noodsaaklikhede te vul. Voormalige president van die Interact Klub Deolize Fouche, het die bederfbokse op 29 Oktober in ontvangs geneem, waarna dit aan Wellington versend is.
NIGEL – Hoërskool John Vorster se Interact Klub het 59 kartondose met allerlei noodsaaklike items gevul, ter ondersteuning van die boks vir ’n boervrou-projek. Hier neem voormalige president van die Interact Klub Deolize Fouché die geskenkpakke in ontvangs by Tiaan Vogel en Marlouise Engelbrecht.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!