NewsSchools

Kleurvolle kaskardag

Laer Volkskool se rugbyveld het op 1 November gewemel van die Smurfs, Disney karakters, troepe en Springbokke

HEIDELBERG – Laer Volkskool het op 1 November hul jaarlikse kaskarwedren gehou, waar leerders vir hul harde werk voor die eksamens beloon is.

Die verskillende grade het almal volgens hul eie temas aangetrek, waaronder wilde diere, Mickey-en minnie muis en die Springbokke gewilde keuses was. Leerders het hullle skoene uitgeskop en het in hul grade teen mekaar te staan gekom. Stofwolke het begin vorm kort na die afskop van die Graad R en Graad 1 wedloop. Twee bane was uiteengesit en onderwysers het gekyk wie die meeste rondes in die gegewe tydperk kon voltooi. Die hoogtepunt van die dag was die glimlagte op elke kindergesig. Selfs bewolkte weerstoestande kon nie leerders of onderwysers keer om elkeen ‘n roomys te geniet nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button