CrimeNewsBreaking News

Rowers slaan toe op afleweringsvoertuig

Voertuig in Bergsig, Heidelberg van inhoud gestroop.

‘n RAM afleweringsvoertuig is vanoggend (4 Desember) net voor 10:00 by die verkeerslig in Jacobsstraat (by die afrit van die N3) deur swaar gewapende rowers oorval.

 

Die rowers het ‘n wit BMW en grys Audi gebruik. Die bestuurder en twee medewerkers is gedwing om na Bergsig te ry. Hulle is beveel om in die voertuig te bly, terwyl die rowers dit geplunder het.

 

Volgens een van die werknemers was daar ‘n derde voertuig wat hulle in Bergsig ingewag het, maar hulle was vreesbevange en het dit nie gewaag om vir die rowers te kyk nie.

Die rowers het met die inhoud weggekom en enigiemand met inligting oor die insident word gevra om Heidelberg Polisiestasie by 016 341 0343/0372 of Heidelberg Speurtak by 016 341 0422/0409 te skakel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button