Tydens Laerskool Hannes Visagie se prysuitdeling op 28 November het die volgende leerders vaktoekennings vir akademiese prestasie ontvang: Karlu Stander (Graad 6: Natuurwetenskappe, Sosiale Wetenskappe, Afrikaans en Engels), Mari Stoltz (Graad 6: Lewensvaardigheid), Zonike Marais (Graad 6: Wiskunde), Rael du Plessis (Graad 7: Afrikaans, Engels, Tegnologie en Ekonomiese Bestuurswese), Janco Coetzer (Graad 7: Lewensvvaardigheid en Skeppende Kuns), Ankia van der Merwe (Graad 7: Natuurwetenskappe) en Simoné Fisher (Graad 7: Wiskunde).
Die volgende spesiale toekennings is tydens Laerskool Hannes Visagie se prysuitdeling gemaak: Rael du Plessis (gedeelde Potgieter Ambassadeurstrofee vir akademie), Ankia van der Merwe (gedeelde Potgieter Ambassadeurstrofee vir akademie, veelsydigste leerder en sportmeisie van die jaar), Janco Coetzer (senior dux leerder), Lammond Baaitjies (sportseun van die jaar), Edward Hall (hoofseun), Mari Stoltz (hoofmeisie), Nathan Hargreaves (uitsonderlike diens gelewer)Die volgende leerders van Laerskool Hannes Visagie het trofeë vir krieket, jukskei en landloop ontvang: Zane Last (beste o/9-krieketspeler), Almarco Coetzee (mees opkomende o/9-krieketspeler), Marius Stoltz (beste o/10-krieketspeler), Juan Roy Castelyn (mees opkomende o/10-krieketspeler), Henru Coetzer (beste o/11-bouler), Johannes de Lange (mees opkomende o/11-krieketspeler), Dean Last (beste tweedespan krieketspeler), Dominique Jacobs (mees opkomende tweedespan krieketspeler), Janco Coetzer (beste krieket eerstespanspeler) en Marnus Smith (mees opkomende krieket eerstespanspeler). Vir Jukskei is Karlu Stander as beste seunsspeler en Rehani Wirths as beste meisiesspeler aangewys, terwyl Keanan Bothma en Amoré Venter die onderskeie trofeë vir mees opkomende spelers ontvang het. Martin Meyer het die trofee vir beste prestasie in landloop ontvang.Sagies wat slim skuiwe deur die jaar gemaak het, is ook met trofeë beloon. Hulle is René Vogel (beste prestasie Graad 1 tot 3), Abigail Borman (beste prestasie Graad 4 tot 6), Carli Wessels (senior kultuurmeisie) en Henru Coetzer (toppresteerder).Trofeë vir leerders wat op die atletiekveld, netbalbaan en rugbyveld uitgeblink het, is aan die volgende leerders van Laerskool Hannes Visagie gemaak: Christo van Rooyen (Victor Ludorum), Deoné Wheeler (afwesig – Victrix Ludorum), Danelle Steenkamp (beste o/10-netbalspeler), Elanza Martinson (mees opkomende o/10-netbalspeler), Danika van Jaarsveld (beste o/11-netbalspeler), Claudette Scholtz (mees opkomende o/11-netbalspeler), Willdene Smith (beste o/12-netbalspeler), Katelyn Short (mees opkomende o/12-netalspeler), Rehani Wirths (beste o/13-netbalspeler) en Carli Wessels (mees opkomende o/13-netbalspeler). Vir rugby is Dominico G’nade as beste o/9-voorspeler en Armand Marais as beste o/9-agterspeler aangewys. Juan Roy Castelyn is die beste o/10-voorspeler en Calvin Herbst die beste o/10-agterspeler. Martin Meyer is die beste o/11-voorspeler en Christo van Rooyen die beste o/11-agterspeler. Hendré de Beer is die tweedespan se beste voorspeler en Xander Martinson die beste agterspeler. Marnus Smith is die eerstespan se beste voorspeler en Lamond Baaitjies die beste agterspeler.Jayden de Bruyne, Marnus Smith, Simoné Fisher en Isabella Mostert (afwesig) van Laerskool Hannes Visagie het trofeë ontang vir sewe jaar getroue skoolbesoek.Rael du Plessis van Laerskool Hannes Visagie het ‘n toekenning vir buitemuurse aktiwiteit (SANESA perdry) ontvang.Karlu Stander (Graad 6) het verskeie akademiese trofeë, sowel as ‘n trofee vir kultuur (skaak) ontvang.Hier spog Janco Coetzer met trofeë wat hy ondermeer vir akademiese prestasie (dux leerder) en rugby ontvang het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!