NewsSchoolsUpdate

LSEN-klas vir Laerskool AG Visser in Heidelberg

Kinders met leeruitdagings gaan hier spesiale aandag ontvang.


Laerskool AG Visser sal van Januarie af ‘n LSEN (Learners with Special Education Needs) klas vir leerders met leeruitdagings beskikbaar hê. Me Chantell Dippenaar gaan die klas hanteer.
Sy sê die pas is stadiger en individueel gebaseer. Pre-evaluasie en assessering sal aan die begin van die jaar vir elke leerder gedoen word en individuele leerplanne volgens resultate uitgewerk word.
Me Dippenaar het B.Ed Intersen (met spesiale onderrig) studeer. Sy is 10 jaar in die onderwys waarvan sy twee jaar by ‘n spesiale skool in Kroonstad gewerk het.
Laerskool AG Visser hoop om die klas teen 2021 uit te brei sodat Graad 4 tot 7-leerders ingesluit kan word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button