NewsSchoolsBreaking News

Haasbekkies opgewonde oor groot dag

Graad Eens in Heidelberg sê hul sê.

Vandag (15 Januarie) was ‘n groot dag vir vele ‘Parabeentjies’ wat vir hul eerste dag by skole oor die land heen aangemeld het.

In Heidelberg was die opgewondenheid tasbaar en meestal was daar groot glimlagte op die Graad Eens se gesigte. Hier en daar het ‘n kleinding onseker aan sy Pa se broekspype geklou, maar oor die algemeen was die haasbekkies reg vir die ‘groot skool’ gerat.

By Laerskool AG Visser het elke Graad Een die kans gekry om die skoolklok (as deel van ‘n tradisie wat ‘n paar jaar gelede ingestel is) te laat beier. Aan die einde van leerders se Graad 7-jaar kry hulle weer die kans om die klok te laat lui voor hulle hul laerskoollewe vaarwel toeroep.

HERAUT het foto’s by dié skool sowel as Laer Volkskool gaan neem. Kyk gerus hier na al die foto’s.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button