Gasvryheidstudie onderwyser Cornie Kotzé het ‘n toekenning vir die hoogste vakgemiddeld ontvang, terwyl Hoërskool John Vorster as een van die top 10 skole in die distrik aangewys is.
Dit sluit skole van Brakpan, Springs, Tsakane, Duduza, Devon en Alrapark in.
Graad 12s wat onderskeidings in die 2019 matriekeksamen behaal het, is ook vir hul harde werk beloon. Toppresteerder Phumelele Nxumalo wat ses onderskeidings behaal het, is as een van die top 10 kandidate in die Gauteng-Oos distrik aangewys en het die volgende toekennings ontvang: beste prestasie in Engels (home language) en beste prestasie in Afrikaans (eerste addisionele taal).
Salomé van Aswegen is as beste vakpresteerder (Gasvryheidstudies) aangewys en Jacques Brits wat vyf onderskeidings behaal het, is ook as een van die top 10-presteerders in die distrik aangewys.
“Die toekennings is ‘n besondere prestasie vir die skool en spreek van gehalte onderrig. Ek is trots op elke onderwyser en leerder wat gedurig daarna streef om Hoërskool John Vorster se naam hoog te hou,” het die hoof Mnr Jan Nienaber gesê.



