NewsSchools

Hoër Volkies aangepor om leerwerk vooruit te doen gedurende die grendelstaat

"Dit is van groot belang dat die Covid-19 inperkingstydperk nie 'n negatiewe impak op ons leerders (veral die matrieks) se uitslae sal hê nie."

Dit is die woorde van Mnr Neels de Villiers (waarnemende hoof) van Hoër Volkskool.

Hy het die versekering gegee dat alles moontlik gedoen word om die matrieks te help om hul 2020 matriekjaar te voltooi. Hy het die samewerking van leerders gevra om ten minste vyf ure per dag aan akademie te spandeer en dat ouers moet toesien dat dit uitgevoer word.

“Dit is veral belangrik dat ons Graad 11- en 12-leerders die tyd goed sal aanwend om vir die res van die akademiese jaar voor te berei. Dit beteken nie dat die res van die leerders nie ook skouer aan die wiel moet sit nie,” het Mnr De Villiers bygevoeg.

Hy sê onderwysers en leerders het reeds in die eerste kwartaal hard gewerk om te sorg dat leerwerk vooruit gedoen is.
Mnr de Villiers het Graad 11s herinner dat hulle met vanjaar se punte by ‘n tersiêre inrigting aansoek gaan doen en dat Graad 12-leerders hul matrieksertifikaat vir hul toekoms gaan benodig.

Riglyne is aan leerders gegee voor die skool gesluit het. Bykomende inligting oor die Junie-eksamen asook inligting oor leeropsies soos video opnames deur onderwysers, internet dryfskakels, Wolkskool, You Tube videos en Gauteng Departement van Onderwys se lesse op DSTV om nuwe lesinhoud te verduidelik, is ook aan leerders en ouers gestuur.

Onderwysers kommunikeer direk met hul klasse via WhatsApp en handboeke is volledig met werksopdragte waaruit gewerk kan word.

Die moontlikheid gaan later bespreek word (afhangende van die tydperk van inperking) om skooldae te verleng en die Julie- en Oktobervakansie vir winter- en lenteskool aan te wend.

Die Minister van Onderwys Angie Motshekga het haar ook sterk uitgespreek dat die matrieks hul akademiese jaar moet voltooi. Sy het verlede week in ‘n verklaring gesê: “By hook or by crook, the Class of 2020 will graduate this year”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button