CrimeNews

De Villiers se borg in Hooggeregshof ook geweier

Jan de Villiers, die 21-jarige man wat vir die moord van SAPD-lid A/O Johan Lewis aangekla word, het hom in April tot die Hooggeregshof in Pretoria gewend, nadat sy borgtogaansoek op 14 Februaie in Nigel Streekhof van die hand gewys is.

Sy aansoek in die Hooggeregshof het egter ook misluk en die saak duur voort in Nigel Streekhof.

De Villiers word daarvan aangekla dat hy A/O Lewis (48) wat ten tye van die voorval by Springs SAPD werksaam was, op 13 Januarie vermoor het. A/O Lewis se lyk is dieselfde aand in ’n plaasdam buite Nigel gekry nadat hy vermoedelik weens verdrinking gesterf het.

De Villiers ontken die klag van moord en sê dat hy uit noodweer teen A/O Lewis opgetree het. Hy beweer A/O Lewis het hom geslaan terwyl hulle albei in die water was en dat hy uit die dorp weggejaag het, omdat hy bang was vir A/O Lewis.

Nadat hy weggejaag het, het sy motorfiets in ’n watersloot by die dam vasgeval en in ’n verklaring aan die hof het De Villiers gesê sy been was onder die motorfiets vasgepen. Hy het glo vir sy meisie wat saam met hom op die motorfiets was, gesê om in die bosse weg te kruip.

Volgens De Villiers het A/O Lewis in die polisievoertuig opgedaag, uitgeklim en hom glo geslaan. Dit het volgens De Villiers in ‘n stoeiery ontaard, waarna A/O Lewis oor die motorfiets geval en met sy kop in die water beland het. Hy was volgens De Villiers, tot by sy middellyf onder die water toe De Villiers sy kop afgedruk en hom uit “selfverdediging” verdrink het.

Regter Tshifhiwa Maumela het tydens die Hooggeregshof-aansoek bevind daar is geen buitengewone omstandighede wat De Villiers se vrylating noodsaak nie en borg is geweier.

Volgens die klagstaat in die strafsaak teen De Villiers kan hy tussen 10 en 20 jaar tronkstraf opgelê word as hy aan moord skuldig bevind word.

Hy verskyn weer op 14 Mei in Nigel Streekhof.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button