CrimeNews

Heidelberg SAPD op hul pos

Lede van Heidelberg SAPD is daagliks op hul pos besig om patrollies en padblokkades op die N3 uit te voer om te verseker dat die publiek nie die inperkingsreëls oortree nie.

Volgens Kaptein Tshivhulawi Tshilate (woordvoerder) is Heidelberg se inwoners oor die algemeen wetsgehoorsaam. Daar is wel ‘n paar motoriste by padblokkades aangekla wat die provinsie sonder die nodige reispermitte wou verlaat.

Dit is veral mense wat van Gauteng na Kwa-Zulu Natal, Vrystaat, Mpumalanga en die Oos-Kaap sonder permitte wou reis wat vasgevat is.

“Die publiek moet daarop ag slaan dat hulle nie na ander provinsies sonder ‘n wettige rede en die nodige permit mag reis nie, al beweeg Suid-Afrikaners na Vlak 4,” het Kaptein Tshilate gemaan.

Voorvalle wat die polisie aanspreek, sluit veral minibusse in wat die toelaatbare hoeveelheid passasiers oorskry. Hoewel misdaad oor die algemeen afgeneem het, is daar voorvalle van inbrake (veral besigheidsinbrake) asook diefstal van hekmotors se batterye.

Inwoners moet bedag wees en verdagte persone en voertuie, asook enige voorvalle van geringe misdaad by Heidelberg Polisiestasie by 016 341 0343/72 aanmeld.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button