
Die man is op 4 Mei deur lede van Heidelberg SAPD gearresteer en ingevolg die inperkingregulasies vir die onwettige verkoop van sigarette aangekla. Die Wet op Rampbestuur verbied Suid-Afrikaanse burgers ondermeer om gedurende die grendelgreep sigarette en alkohol te koop of te verkoop.
Die arrestasie is deur A/O Wollie Wolmarans en Konst S le Grange uitgevoer nadat hulle inligting van die publiek ontvang het van ‘n winkel wat sigarette verkoop en voorraad in gassilinders versteek het.
Kol Amanda Viljoen (stasiebevelvoerder) het die lede se uitmuntende werk geprys en die gemeenskap bedank wat die polisiemag bystaan om kriminele aktiwiteite te voorkom.
Om enige kriminele aktiwiteite in u omgewing te rapporteer, skakel Heidelberg SAPD by 016 341 0343/72.



