NewsSchools

Tini Vorster op koers met 2020 kurrikulum

Laerskool Tini Vorster het regdeur die staat van inperking die 2020 kurrikulum (soos dit tot op datum afgehandel sou wees) op die D6-toepassing aan leerders beskikbaar gestel. 

Selfs leerders wat nie toegang tot internet of data het nie, is elke dag van die nodige werk voorsien. Volgens Lorraine Rudman (skakelbeampte) is daar ook elke dag kospakkies by behoeftige gesinne se huise afgelewer, waar die betrokke dag se skoolwerk binne die pakkies geplaas is.

“Verder het ons deur middel van omsendbriewe op die D6-toepassing en ander digitale platforms alle korrespondensie vanaf die departement van onderwys deurgegee. Verlede week het die grondslagfase ouers werksopragte wat deur middel van tydgleuwe en uitdeelpunte beskikbaar gestel is, ontvang,” het Rudman gesê.

Rapporte van die eerste kwartaal is ook op 18 en 19 Mei uitgedeel.

“Dit is belangrik om te meld dat alle skoolwerk wat gedurende die grendelgreep op digitale platforms beskikbaar was, weer in die klaskamer onderrig sal word sodra leerders terugkeer na die skool,” het Rudman afgesluit.

Die skool se beheerliggaam vergader ook gereeld via Zoom om belangrike aspekte en die pad vorentoe te bespreek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button