NewsSchools

Sagie Graad 7s aan boord ‘n seerowerskip verwelkom

Laerskool Hannes Visagie in Nigel se Graad 7-leerders is op 8 Junie tydens her-opening van die skole in vlak 3 van inperking, prettenderwys aan boord ‘n seerowerskip verwelkom.

Dié speelse seerowertema dateer terug na die groep se eerste skooldag sewe jaar gelede, toe hulle as haasbekkies onder dieselfde tema by die skool verwelkom is.

Volgens Madéle van Vuuren (hoof) is dit belangrik vir leerders om terug te keer na ‘n plek waar veilige onderwys toegepas word, maar met ‘n speelse voorstelling het hulle die angel uit die gevreesde coronavirus gehaal en gesorg dat die Graad 7-groep se eerste dag terug na die lang afwesigheid, onvergeetlik was.

Met alle veiligheidsmaatreëls streng in plek, het Sagie-onnies (vrolik getooi in hul seerower uitrustings) die leerders by die hoofingang van die skool toegejuig, terwyl hulle die skip betree het.

Na saalopening waar sosiale afstand ook toegepas is, het die groep na hul onderskeie klasse beweeg, waar slegs onderwysers van klasse verwissel het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button