NewsSchools

Terug skool toe wenke aan ouers

Met die terugkeer van leerders van ander grade na die skool, is beide ouers en kinders onseker oor wat om te verwag terwyl spanning hoog loop en emosies wissel tussen opwinding en angs.

Hier volg ‘n paar wenke waarna ouers kan let om hul kinders deeglik voor te berei vir wanneer hulle terugkeer skool toe tydens die inperking: gesels met jou kind oor wat om te verwag met die opening van skole, berei hulle voor dat dinge anders gaan wees.

* Laat jou kind tuis oefen met verskillende maskers asook nuwe maniere om te groet en te nies/hoes.
* Fokus op jou kind se emosionele welstand en nie net op akademie nie. Leer jou kind kalmerende strategieƫ soos asemhalingsoefeninge. Vind ander fokuspunte of stokperdjies en moenie jou kind bangpraat nie. Bemagtig jou kind.
* Moedig jou kind aan om steeds te sosialiseer, al is dit met aanlyn speletjies.
* Monitor jou kind vir tekens van depressie of angs. Ouers moet besef dat kinders aan die begin opgewonde gaan wees oor die nuwigheid en dat dit selfs vier weke kan neem om aan te pas.
* Moenie aanvaar dat as dit goed gaan tydens die eerste week, jou kind volkome aangepas het nie.
* Monitor jou kind daagliks en gesels met hom/haar oor vrese en hoe om dit te hanteer.
* Moenie huiwer om jou kind na ‘n terapeut te neem as dit lyk of hulle sukkel met die aanpassing nie.
Vir verdere inligting of hulp, skakel Corne van Niekerk by 0828978197.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button