NewsSchools

Vossie ‘rocket’ maak ingee van huiswerk maklik

Terwyl Graad 12-leerders op 8 Junie teruggekeer het skool toe, het die aanvanklike regulasies deur Angie Motshekga (minister van basiese onderwys) bepaal dat ander grade eers later en stelselmatig sou terugkeer.

Intussen het Hoërskool John Vorster dit vir nie-skoolgaande leerders makliker gemaak om huiswerk gedurende die grendelgreep in te dien.

Die ‘Vossie Rocket’ is ‘n spesiale posbus wat by die skool se hek geplaas is, sodat leerders huiswerk wat hulle per WhatsApp ontvang het, daagliks kon inhandig om te verseker dat die kurrikulumdekking vir die 2020 akademiese jaar gedoen word.

Volgens Karin Peachy (skakelbeampte) was daar deurgaans ‘n positiewe gesindheid onder leerders wat duidelik in hul huiswerk te bespeur was.

“Ons kon sien dat Vossies-leerders gereed is om terug te keer skool toe en ons sien uit om elkeen terug te verwelkom,” het Me Peachy gesê.

Die skool volg steeds die nodige protokol om leerders se veiligheid by die skool te verseker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto. More »

Related Articles

Back to top button