
Die perseel is behoorlik ontsmet en plekaanwysers help die jongspan om sosiale distansiƫring toe te pas. Handreinigers is deurlopend beskikbaar en daar word gesorg dat personeel sowel as kleuters se hande gereeld ontsmet word.
“Wanneer personeel by die skool opdaag, word hul temperatuur geneem. Ons volg dieselfde roetine met die kleuters en daar word behoorlik rekord hiervan gehou word. Die dra van maskers is verpligtend vir personeel en kleuters,” het eienaar Joey Burger verseker.
Sy het bygevoeg dat skoolgeld slegs betaalbaar is vir die dae waarop skool bygewoon word.
Joey en haar span sien daarna uit om die kleuters terug te verwelkom. Vir meer inligting, 011 814 7218.



