Local newsNews

Dansers se passies sorg vir uitstekende prestasies

Dansers van Felicia’s Fitness and Dance Studio (FFDS) het op 27 Augustus ’n vertoning gehou waar die dansers hul eisteddfod danse vir die ouers gedans het en op video opgeneem het.

Weens die pandenie het die eisteddfod virtueel plaasgevind. Felicia Watkins (juffrou en eienaar van FFDS) het gebruik gemaak van Heidelberg Public School se saal en verhoog sodat die dansers hul danse op die verhoog kon doen met kostuums, grimering, beligting en musiek.

Jessica Potgieter (14) het 97% vir haar graad twee hip-hop, 90% vir haar graad drie hip-hop en 95% vir haar graad drie modern eksamens verkry. Foto geneem by Oak View Manor.

FFDS het 17 danse in totaal ingeskryf en 13 daarvan het punte van tussen 80% en 90% behaal en vier inskrywings het 90% ontvang.

Dansers van so jonk as vyf was ingeskryf. ’n Groep meisies tussen ouderdomme van vyf en agt jaar het ’n hip-hop groepdans gedoen en het 89% losgeslaan.

Megan Marais (11) het 90% vir haar modern graad een eksamen verkry.

Die moderne duet wat deur ses-jarige meisies opgevoer was het 90% verdien.

FFDS se dansers het ook op 4 September aan hul virtuele danseksamens deelgeneem in die studio in Heidelberg. Die Association of International Dance Teachers eksaminator kon nie na die studio toe kom nie, so elke eksamen was ook opgeneem op video.

Marli Heydenrych (13) het vir primêre hip-hop 94% behaal. Foto geneem by Oak View Manor.

FFDS het 21 eksamens en ses evalusaie-eksamens ingeskryf. Evaluasie-eksamens is die heel eerste eksamen vir beide moderne en hip-hop waar die dansers nie ’n persentasiepunt toegeken word nie, maar waar hul getoets word of hul gereed is om na hoër grade te vorder en om die jong dansers ’n leerbeurt te gee voor hul die eksamenwêreld betree.

Uit die 21 eksamen inskrywings was daar nege onderskeidings en nege honourspunte toegeken.

Annemi Botha en Lia Els (albei 6) het 90% vir hulle modern duet behaal.
Shantelize Schoeman (8) het 94% en Juané van Zyl (10) 92% vir hul pre-primêr hip-hop eksamen behaal. Albei het eers in 2021 by FFDS begin dans.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button