Local newsNews

Werkswinkel bemagtig vroue

Solidariteit Helpende Hand het self 'n brei projek waarmee hulle die gemeenskap kan help.

Solidariteit Helpende Hand se Heidelberg-tak het op Erfenisdag twee inwoners van Heidelberg bygestaan om meer kennis in te win oor masjien breiwerk.

Cathy Chafney en Celeste van Rooyen het die geleentheid gekry om ‘n werkswinkel by te woon sodat hulle meer kennis kon inwin en selfs kon vasstel of hulle ‘n inkomste kan verdien uit breiwerk.

Helpende Hand Heidelberg het die vrouens geborg om die werkswinkel, wat deur MachKnitz aangebied is, by te woon.

MachKnitz is ‘n geregistreerde NWO in Springs, verbonde aan die Departement van Sosiale Ontwikkeling.

Die mikpunt van MachKnitz is om breiers te help en aan te moedig om nuwe vaardighede aan te leer om ‘n inkomste te genereer.

Daar was tesame met die werkswinkel ‘n modeparade gehou waartydens modes, wat met breimasjiene geskep is, vertoon is.

Die stigterslid, Adri Grib het werkswinkels begin aanbied sedert 2018 aan verskeie gemeenskapslede in die area en omliggende areas.

Helpende Hand het self ‘n projek waar wol bymekaar gemaak word sodat items soos serpe en mussie gebrei kan word.

Hierdie items word gedurende die wintermaande aan behoeftiges geskenk.

Enige iemand wat meer oor Helpende Hand se projekte te wete wil kom kan Patricia Meyer kontak by 083 305 3577.

Related Articles

Back to top button