Inbrake by besighede neem drasties toe
Kriminele breek vensters om toegang tot die plekke te kry.
‘n Vlaag van inbrake en diefstal teister besighede en instansies in Heidelberg sedert die begin van die jaar.
Van die besighede wat sedert die begin van die jaar deurgeloop het sluit in Heidelberg Paint en Dekor (twee keer), Pienkie Ponkie Kleuterskool RVLTN ( derde inbraak sedert Januarie), Danies Doggy Salon (twee keer), Hunters Gun Shop, Salon Carine, Aida, Heidelberg Printers, H&H Matthews, Heidelberg Presbyterian Church, FFDS Dance Studio en die Klipkerk.
In die afgelope paar dae was hierdie plekke ook deur kriminele geteiken: Nissan, Mahindra, Kia, Igagazi Restaurant Pub en Rainbow Electrical.
Dit wil voorkom of daar ‘n tendens is waar bakstene of klippe deur vensters gegooi word, waarna goedere deur die venster gebuit word.
Volgens inligting is die klanksisteem by die Igagazi Pub gesteel. In ander gevalle was daar onder andere elektriese drade, kragproppe en ‘n gasbottel gesteel.
Die publiek wat verdagte persone opmerk word versoek om die SAPD of die GPF in die area te kontak.



