Crime

Jaén-Lee Pyne is weer agter tralies

Volgens inligting spruit die inhegtenisname uit nuwe ondersoeke.

Slegs enkele dae nadat Jaén-Lee Pyne (30), die beskuldigde in die saak waar Etienne du Preez doodgeskiet is en Flip Minnaar ernstig gewond is, op borgtog van R5 000 vrygelaat is, bevind hy homself weer agter tralies.

Du Preez en Minnaar was op 3 Julie in Ueckermann Straat geskiet.

Pyne is Donderdag laat weer in hegtenis geneem toe hy as deel van sy borg voorwaardes homself by die Heidelberg polisiestasie aangemeld het.

Volgens inligting spruit die in hegtenisname uit nuwe ondersoeke.

Sy laaste hofverskyning was op 10 Oktober in die Heidelberg se Landdroshof en borg was weer nie toegestaan nie.

Pyne het homself daarna tot die Hooggeregshof in Pretoria gewend, waar sy borg op 24 Oktober toegestaan is.

Die voorwaardes was dat hy twee keer per week by die Heidelberg se SAPD moet aanmeld, alle hof verskynings moet bywoon en nie met enige staatsgetuies in aanraking kom nie.

Hy sal in aanhouding bly tot sy volgende hofverskyning.

ALSO READ: Body found in shallow grave at former residence of murder accused

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button