Crime

Pyne staar meer aanklagte in die gesig

Pyne het in die hof gesê dat hy vir sy lewe vrees.

Jaén-Lee Pyne (30) wat op 31 Oktober weer in hegtenis geneem was nadat borg op 24 Oktober in die Hooggeregshof in Pretoria aan hom toegeken is, het vandag (Maandag) weer in die Heidelberg Landdroshof verskyn.

Hy staar ‘n tweede aanklag van moord in die gesig asook ‘n aanklag van dwarsboming van die gereg. Hy is nie gevra om te pleit nie.

Dit volg na die opgrawing van ‘n lyk in ‘n vlak graf in Arnoldistraat verlede week, ’n perseel wat Pyne na bewering voorheen gehuur het.

Twee ander aanklagte was ook aanhangig gemaak maar kan nog nie bekendgemaak word nie, totdat Pyne gepleit het in die hof.

Die verdediging het aangevoer dat hulle twee aanklagte betwis.

Pyne is oorspronklik in Julie inhegtenis geneem vir die moord op Etienne du Preez en poging tot moord van Flip Minnaar in Ueckermann Straat, Heidelberg.

Die oorspronklike saak word ook weer op 12 November in die Heidelberg Landdroshof aangehoor.

Pyne het tydens vandag se hofsitting aangevoer dat hy nie veilig voel nie en vir sy lewe vrees nadat hy gedreig was.

Hy sal in aanhouding bly tot sy volgende verskyning op 12 November.

LEES OOK: Jaén-Lee Pyne is weer agter tralies

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button