
Jaén-Lee Pyne, wat verskeie sake van onder andere moord en poging to moord in die gesig staar, het (vandag, 19 Maart) weer in die Heidelberg Landdroshof verskyn.
Die saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer asook opsetlike saakbeskadiging is tot 9 April uitgestel sodat Pyne met sy nuwe regshulp kan konsulteer.
Landdros M Twala het dit baie duidelik uitgespel dat hy nie verdere vertragings gaan duld nie en dat die reg nou sy gang moet gaan sodat die saak, wat sedert 3 Maart 2023 hangende is, afgehandel kan word.
Die saak waar Pyne aangekla word van die moord op Etienne du Preez en poging tot moord op Flip Minnaar is uitgestel tot 7 Mei asook die saak wat spruit uit ‘n lyk wat in die voortuin van ‘n eiendom gevind is.
LEE OOK: Pyne kry regshulp