Local news

Geen tekort aan talent by die Suikerbosoord nie

Inwoners en personeel het die kuns- en kultuur middag geniet.

Die Suikerbosoord het op 5 Augustus ‘n kuns en kultuur middag gehou waartydens die inwoners hul talente en handwerk ten toon kon stel.

Die musiek was verskaf deur die Catando Koor wat die inwoners vermaak het met hulle spesiale musiek.

Theo van der Hoff het sy talent agter die klavier getoon.

Theo van der Hoff (90) het die klavierspel gelewer en afgetrede suster Hannetjie Marais het verder bygedra tot ‘n genotvolle middag met haar harp.

Die uitstallings het onder andere draadkarretjies, waterverfskilderye, blomme rangskikkings, pottebakkery, komberse en wasgoedpennetjiesakkies ingesluit

Pauline Visser dra ‘n gedig voor.

Riekie van Zyl het gedigte voorgedra en Steve Lategan het ‘n verhaal oor ‘n boemelaar voorgelees.

“Hier is soveel verskuilde talent onder ons mense en dit was ‘n voorreg om die talente saam te kon vier,” het maatskaplike Werker Marlene Walkden gesê.

Van die draadkarretjies wat uitgestal is.
Afgetrede suster Hannetjie Marais wys haar talent met ‘n harp.
Ingrid Hansel en Tess Nel van die Nigel Rolbalklub was gereed om die balle te rol.
Die mooi waterverf skilderye het die oog gevang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button