Internasionale verhoog wink vir plaaslike dansers
Die dansers van Rene's Art of Dance het hulself goed van hul taak gekwyt tydens die kompetisie.
Verskeie dansers van Rene’s Art of Dance het vroeër die maand aan die Show Your Talent kompetisie in Vanderbijlpark deelgeneem.
“My dansers het regtig hard geoefen vir die kompetisie,” het René McGeer van die dansskool gesê.
“Hulle het baie ure se oegening ingesit en ek is trots op hulle.”
Sewe van die dansers is ook gekies om in 2024 as deel van die Suid-Afrikaanse span by Talent America te gaan deelneem.

Die dansers is Abigail Bornmann, Abigail Gabrielli, Alisha van der Walt, Lumé Stander, Elizma Jansen van Nieuwenhuizen, Imé Bronkhorst en Anzel Vorster Ferreira.
Die dansers het almal goud gewen in hul verskeie items wat hul plek in die Suid-Afrikaanse span verseker het.

Die dansers se items was soos volg:
Bornmann en Gabrielli het saam aan die samba duet en die hip-hop duet deelgeneem.
Bornmann, Gabrielli en Stander het saam aan ‘n trio item deelgeneem.
Jansen van Nieuwenhuizen het aan ‘n Bhangra item deelgeneem.
Van der Walt het aan ‘n cha-cha item deelgeneem.
Bronkhorst het aan ‘n contemporary item deelgeneem.
Vorster Ferreira het aan cha-cha, bhangra en contemporary items deelgeneem.
Die Talent Amerika kompetisie sal vanaf 25 Junie 2024 tot 6 Julie plaasvind.
“Elkeen van my dansers het hulle beste gegee tydens die kompetisie en ek kan nie wag om te sien wat die pad vir hulle vorentoe sal wees nie,” sê McGeer.







