Local news
Gladiator Aldira besoek Balfour Gekombineerde skool
Bekende aktrise maak 'n draai in Balfour.
Die aktrise, TV aanbieder en Gladiator Aldira, Sonette Behr, het Balfour Gekombineerde Skool onlangs as deel van haar anti-boelie veldtog besoek.
Dit was die 100ste skool wat Behr die afgelope tyd besoek het.

Tydens haar besoek het sy raad gegee aan die leerders wat deur boelies geïntimideer word en ook uitgebrei oor die stappe wat gevolg kan word om boeliery aan te meld.

Na afloop van haar praatjie, het verskeie leerders saam met Behr ‘n paar oefeninge meegemaak.
Verskeie borge het ingestaan.
Die Gladiator TV reeks word binnekort weer op TV uitgesaai.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



