Local news

Fotoklub lede se foto’s vang die oog

Daar was altesaam sowat 50 foto’s vir September maand se kompetisie ingeskryf.

Heigel Fotoklub het hulle maand vergadering op 13 September in Nigel gehou.

Soos gewoonlik het drie kundige beoordelaars na al die foto’s gekyk wat ingeskryf is vir die maandkompetisie en die wenfoto’s is tydens die vergadering aangewys.

Daar was altesaam sowat 50 foto’s vir die September kompetisie ingeskryf.

Die algehele wenfoto, Op Jag is deur deur Nicolaas Smith geneem.

“Ons is baie beïndruk met die kwaliteit van die foto’s van Heigel se fotograwe,” het die klubvoorsitter, Francois van Jaarsveld gesê.

September se voorgeskrewe onderwerp was Tafelblad/ Stil lewe fotografie.

Die wenfoto was Ach Lieve tyd, wat deur Ineke Kleingeld geneem is.

Die algehele wenfoto soos deur die beoordelaars aangewys was Op Jag deur Nicolaas Smith en die junior wenfoto, Witkeelswael is deur Lukas van der Merwe geneem.

Die voorgeskrewe onderwerp tafelblad wenner, Ach Lieve tyd is deur Ineke Kleingeld geneem.

Die temas vir die res van die jaar is Oktober – Lelie (kleur) en November – Sonsondergang/Opkoms (kleur).
Die volgende vergadering is op 11 Oktober.

Heigel Fotoklub voorsitter, Francois van Jaarsveld rig ‘n persoonlike uitnodiging aan elkeen wat deel van die klub wil wees, en wil aansluit, om hom te kontak by 083 659 9657.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button