Local newsSport

Karate studente sal baatvind by toernooi

Die studente gaan ook waardevolle ondervinding opdoen vir die opkomende wêreld kampioenskappe.

Vyf karate studente verbonde aan sensei Bernard Raubenheimer se dojos is oppad na Mauritius om aan die Indo Pacific Kampioenskappe deel te neem.

Die vyf wat Suid-Afrika gaan verteenwoordig is Liezel Rautenbach, Chriselda Viljoen, Matthew Wentzel en Ruben Venter wat in hul onderskeie o18-afdelings gaan deel neen.

Tanja Roets gaan in die dames ope-afdeling kompeteer.

Tanja Roets gaan in die dames ope-afdeling kompeteer.

Daar was meer karate studente wat die tog na Mauritius toe moes meemaak, maar moes weens skoolverpligtinge asook finansieële- of persoonlike redes van die span onttrek.

Raubenheimer gaan as een van die internasionale skeidsregters by die kampioenskappe betrokke wees.

Sensei Bernard Raubenheimer gaan as een van die internasionale skeidsregters tydens die toernooi optree.

“Behalwe dat die karate deelnemers gaan deelneem en hul beste doen in die kampioenskappe gaan hulle ook aan seminare deelneem terwyl hulle by die kampioenskappe is. Dit sal deur shihan Tatsuya, Shihan Kiochiro Okuma en oud-Heidelberger shihan Johan le Grange aangebied word,” sê Raubenheimer.

Sy vyf studente gaan ook waardevolle ondervinding opdoen vir die opkomende wêreld kampioenskappe wat volgende jaar in Japan gaan plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button