Lede van die Nigel VLU-tak het op 14 September hul maandelikse vergadering geniet.
Die maand se tema was kreatiewe produktiewe vaardighede met Marcelle Bonafé as gasvrou.
Ronel Lombaard, die streekvoorsitter, het die vroue bedank vir hul harde werk tydens die onlangse kongres.
“Dankie vir elkeen se moeite met die artikels wat julle ingeskryf het,” het Lombaard gesê.
“Dankie dat julle Nigel se naam hoog hou.”
Die gasspreker, Derick Gross het tydens die vergadering vir die vroue meer oor sterkpunte vertel en hoe ‘n gesin se sterkpunte die gesin kan bemagtig.
“Dit is baie belangrik om op mens se sterkpunte te fokus,” het Gross vertel.

“Die menslike brein fokus so vinnig op negatiewe punte, maar as ons op die positiewe fokus is ons ook meer kreatief.”
Gross het ook oor positiewe sielkunde en die effek daarvan op gesinne gepraat.
Hettie Botha het ook vir die tak meer oor die Engelse skrywer van die jaar, Lawrence Anthony en sy werk in natuurbewaring vertel.
Ten afloop van die vergadering het Bonafé vir die vroue ‘n kreatiewe peulgewas gereg voorgesit.
Die tak se volgende vergadering sal op 12 Oktober plaasvind.
Vir meer inligting, kontak Anna-Marie Axer by 082 886 2002.



